Indië sal aanhou om Russiese olie te koopAugust 3, 2025
Indië sal aanhou om olie van Rusland te koop ten spyte van die Amerikaanse president Donald Trump se dreigemente van tariewe. Reuters berig Trump het verlede maand aangedui dat Indië bykomende strawwe vir die aankoop van Russiese wapens en olie in die gesig sal staar. Die kontrakte is volgens Reuters langtermyn en is onderteken en dus, kan die land nie eenvoudig onttrek nie. Daar word verder berig dat Indië se aankoop van Russiese oli gehelp het om ‘n wêreldwye styging in oliepryse te vermy.