Net 36 vragmotors met hulp kry toegang tot GazaAugust 3, 2025
Slegs 36 hulpvragmotors is Saterdag in Gaza ontplooi, ten spyte van die humanitêre krisis in die gebied. Amptenare sê ten minste 600 vragmotors is daagliks nodig. Die onmiddellike opening van toegangsroetes om hulp toe te laat is gisteraand bepleit. President Donald Trump se Midde-Oosterse gesant het intussen aan die families van die gyselaars wat steeds in Gaza aangehou word, gesê dat Trump en Israel werk saam om die oorlog te beëindig. Hamas sê in reaksie hy sal nie ontwapen nie tensy ‘n onafhanklike Palestynse staat met Jerusalem as hoofstad gestig word.