Ross vat weer die Brandberg Backyard UltraAugust 3, 2025
Die vierde Brandberg Backyard Ultra het afgesluit. Andre Ross was weer die wenner, nes verlede jaar en het 21 loepe, of 140,7 kilometer voltooi. Toestande was moeilik met ‘n sterk wind in die dag en temperature van 34 grade. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het met Ross by die eindstreep gepraat.
En Kim Sonntag is vir vroue-rekordhouer met 20 loepe, of 134 kilometer, voltooi.