Fishrot hervat vandagAugust 4, 2025
Die Fishrot-verhoor hervat vandag voor ‘n nuwe regter, Marilize du Plessis na regter Moses Chinhengo op 21 Julie uit die saak onttrek het. Die saak het laas in Februarie voorgekom en van die beskuldigdes, waaronder oud-justisieminister Sacky Shanghala, het toe kommer uitgespreek omdat hulle nie resgverteenwoordigers het nie. Aanklaer-generaal Martha Imalwa het getuig die saak is nie so ingewikkeld dat hulle nie hulself kan verdedig nie. Imalwa het ook Shanghala se beweerde finansiële uitdagings betwis. Die saak kom tienuur voor.