Namdia-roof: Shololo en Angula verskyn weerAugust 4, 2025
Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n noodlottige gewapende rooftog by die Windhoek-hoofkantoor van Namdia op 18 Januarie vanjaar uitgevoer het, verskyn weer vandag in die hof na die saak op 23 Mei tot vandag toe uitgestel is. Voormalige Namdia-sekuriteitsbeampte Joel Angula en sy medebeskuldigde, Sam Shololo, word daarvan beskuldig dat hulle Namdia se hoof van sekuriteit, Francis Eiseb, 58, vermoor het tydens die rooftog, waarin diamante ter waarde van 349 miljoen Namibiese dollar na bewering gesteel is. Hulle is steeds in aanhouding.