Plaaslike boere kan munt slaan uit speenkalwersAugust 4, 2025

Reaksie word ontvang op die nuus dat verskeie ontwikkelinge in die speenkalfmark daartoe kan lei dat boere binnekort moet betaal om speenkalwers te bekom. Volgens Agra se Paul Klein dryf verhoogde slagkapasiteit in Namibië, verwagte hoër slagpryse en Botswana se onttrekking uit die mark dié tendens. Suid-Afrika produseer nie genoeg speenkalwers nie, en Namibië kan die tekort aanvul. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Dr. Kobus Laubscher gepraat.

Hy voeg by dat boere sekere strategiese riglyne moet volg en baie waaksaam moet wees om die regte bemarkings- en prysbesluite te neem.