Seeikoei dood vrou, 64, polisie soek nog oorskotAugust 4, 2025

Die polisie soek nog na die oorskot van ‘n vrou, 64, wat deur ‘n seekoei gedood is in Makena in Ndiyona in Kavango Oos. Daar word beweer dat die oorledene alleen was terwyl sy met ‘n kano in die rivier visgevang het toe ‘n seekoei haar kano aangeval het en dit laat omslaan het. Die seekoei het haar verder aangeval terwyl sy probeer het om uit die water te swem. Sy het in die water verdwyn en haar liggaam is nog nie gevind nie. Seekoeie raak toenemend aggressief omdat hulle gereeld deur inwoners geteister word.