Vonke spat by JSB Gold Cup en Silver CupAugust 4, 2025
Die vonke het reeds vroeg gespat in die JSB Gold Cup en Silver Cup, die klubrugby-kompetisie wat die afgelope naweek afgeskop het. In die Gold Cup het Unam vir Grootfontein met 40-35 in Windhoek geklop, terwyl die NRU Premierliga kampioen, Kudus, United met 43-14 getroef het in Walvisbaai. Wanderers het Rehoboth 43-37 gewen op sy tuisveld in Pionierspark. In die Silver Cup-afdeling het Reho Falcon vir Western Suburbs 48-36 gewen, en Dolphins het die Suidelike Streke 15 met 31-12 verslaan.