Agribank vra vandag vir summiere vonnis van N$5,7m teen grootkopAugust 5, 2025

Agribank se dagvaardiging van 5,7 miljoen Namibiese dollar teen Johannes Ndeutepo, die uitvoerende hoof van Nammic, die beleggingsmaatskappy van die Mynwerkers-unie en voormalige Omuthiya raadslid wat afgedank is omdat hy in Windhoek woon, kom weer vandag voor. In stukke sê die bank Ndeutepo het nie die hof se opdrag om antwoorde in te dien nagekom nie en die bank sal dus vandag vra vir ‘n summiere vonnis soos op 11 April ingedien. Die bank wil beslag lê op plaas Oorblut in die Oshikoto-streek wat net meer as 3 600 hektaar beslaan. Die bank sê Ndeutepo het in Junie 2017 die lening aangegaan om 420 bees te koop. Dit is in 2019 en in 2021 geherstruktureer omdat hy nie betalings kon eerbiedig nie. Regter Shafimana Ueitele hoor die saak aan.