Angolese stukwerkers kry skuld vir vlaag van misdaad in OhangwenaAugust 5, 2025

Spanning loop volgens berigte hoog in die Ohangwena-streek met inwoners wat Angolese stukwerkers blameer vir die vlaag misdade wat aangemeld is. Die goewerneur Kadiva Hamutumwa sê dat daar tussen 1 April verlede jaar en 31 Maart vanjaar 4 907 kriminele sake aangeteken is. Dit sluit in 154 verkragtings, 235 gevalle van huishoudelike geweld, 880 aanrandings, 784 gevalle van huisbraak en 231 gevalle van veediefstal. Daar is kommer omdat daar ‘n uiters hoë voorkoms is van minderjariges wat verkrag word. Sukses met die misdade is blykbaar redelik laag omdat oortreders eenvoudig oor die grens vlug.