Meer as 600 oud-veiligheidshoofde in Israel vra Trump om oorlog te stopAugust 5, 2025
Meer as 600 voormalige Israeliese veiligheidshoofde het Amerikaanse president Donald Trump versoek om ‘n einde te maak aan Israel se oorlog teen Gaza. Hulle sê die dood van Palestyne weens Israeliese hongersnood het wêreldwye verontwaardiging veroorsaak. ‘n Voormalige Mossad-hoof Tamir Pardo, is een van die skrywers. Volgens die brief het die Israeliese leër twee van sy drie doelwitte met geweld bereik het, naamlik “die ontmanteling van Hamas se militêre formasies en regering”, maar die derde, die terugbring van alle Israeliese gevangenes, kan “slegs deur ‘n ooreenkoms bereik word”.