Minstens 49 sterf in DRK kerk-aanval, kinders ontvoerAugust 5, 2025
Open Doors Southern Africa het ‘n wrede aanval op ‘n Katolieke Kerk in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo veroordeel. Ten minste 49 mense, insluitende nege kinders, is vermoor. Gewapende mans, vermoedelik gekoppel aan die ISIS-ondersteunde Allied Democratic Forces-groep, het aanbidders gedurende ‘n nagwaak in die Ituri-provinsie met kapmesse aangeval en hulle huise en die kerk aan die brand gesteek. Elizabeth Botha van die organisasie sê meer as 20 kinders is ook ontvoer.