Namport verhoog bydrae tot gemeenskapsontwikkelingAugust 5, 2025

Namport het in die 2025/’26 boekjaar sy begroting vir korporatiewe maatskaplike beleggings tot 19 miljoen Namibiese dollar verhoog, vanaf ‘n gemiddeld van 3 miljoen dollar jaarliks. Namport sal nou 1 persent van sy jaarlikse inkomste aan hierdie beleggings toewys. Dit vervang die vorige model wat 3 persent van winste voor belasting bygedra het. Namport se uitvoerende hoof, Andrew Kanime, sê dit is daarop gemik om konsekwente finansiering vir gemeenskapsontwikkeling te verseker, ongeag fluktuasies in wins. Die maatskappy het meer as 78 miljoen dollar toegewys deur sy maatskaplike beleggingsfonds, met 58,2 miljoen dollar wat reeds in al 14 streke van die land uitbetaal is. Die fonds prioritiseer inisiatiewe in onderwys, gesondheidsorg, entrepreneurskap en omgewingsvolhoubaarheid.