Psemas: Staat verwag privaat praktisyns moet sy verpligtinge nakomAugust 5, 2025

Die Namibiese Privaat Praktisynsforum sê Psemas gaan voort om gesondheidsorgverskaffers te vergoed teen ‘n tariefvlak wat in 2014 van toepassing was. In wese verwag die regering dat privaatsektor-gesondheidsorgverskaffers die regering se verpligting teenoor alle staatswerknemers en hul gesinne sal subsidieer. Gevolglik is al hoe minder gesondheidsorgverskaffers bereid om met Psemas te kontrakteer. Meer as 7 miljard Namibiese dollar is sedert 2016 aan Psemas bestee terwyl daar tussen 2020 en 2022 1 miljard dollar aan spookbegunstigdes betaal is. Daar is ook bevind dat na raming gaan 900 miljoen dollar jaarliks verlore weens bedrog en wanbestuur.