Worsbroodjiestorting sluit Pennsylvania-hoofwegAugust 5, 2025
Duisende bevrore worsbroodjies het oor ‘n hoofweg in Pennsilvanië gestort en die besige snelweg in beide rigtings gesluit ná ‘n veelvoertuigbotsing.
Staatspolisie en vier afsonderlike brandweer het vandeesweek op die ongeluk gereageer.
Vier mense is met nie-lewensgevaarlike beserings na die hospitaal geneem, terwyl verskeie dele van die snelweg beskadig is as gevolg van die botsing waarby ‘n trekker-sleepwa-vragmotor en twee ander voertuie betrokke was.
Die Pennsylvania-staatspolisie het bevestig hulle ondersoek nou wat tot die ongeluk gelei het.
Die sluiting het vir meer as 6 kilometer gestrek en verkeer langs die snelweg moes vir amper 7 ure wag vir die toeneel om opgeruim te word.

Foto: Verskaf