Kommer oor Bibi se plan om Gaza te besetAugust 6, 2025
Die VN se assistent-sekretaris vir Europa, Sentraal-Asië en die Amerikas, Miroslav Jenča, het verslae dat Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu kabinetsgoedkeuring soek om Gaza ten volle te beset, as diep kommerwekkend beskryf. Hy het gepraat by ‘n VN Veiligheidsraad spesiale sitting in New York oor gyselaars in Gaza.