PayPal stel nie vreeslik belang in Namibië nieAugust 6, 2025

PayPal het geen onmiddellike planne om sy uitbetalingsfunksionaliteit in Namibië te aktiveer nie, ten spyte van groeiende vraag daarvoor en voortdurende gesprekke in die verband. Volgens The Brief het die Bank van Namibië het bevestig dat terwyl ‘n PayPal-rekening plaaslik oopgemaak en fondse ontvang kan word, kan die geld nie onttrek word nie. Die sentrale bank sê Namibië was ongelukkig nie een van die topprioriteitslande gebaseer op PayPal se kommersiële plan nie. PayPal se interne herstrukturering en beperkte tegniese kapasiteit is as redes aangehaal.