Agra dagvaar Linden Beef, en Van der Linden vir N$7mAugust 7, 2025
Agra dagvaar Linden Beef en David van der Linden vir skuld van net meer as 7 miljoen Namibiese dollar. Van der Linden is sedert einde Mei agter tralies in Okahandja na sy arrestasie in verband met ‘n geraamde 52 miljoen Namibiese dollar dagga-saak. In sy stukke sê Agra die voerkraal het ‘n kredietfasiliteit by hom uitgeneem vir 5 miljoen dollar wat later verhoog is na 7 miljoen dollar. Daar was vier aflewerings van bees sedert Julie verlede jaar gedoen wat nie betaal is nie. Van der Linden verdedig maar het nog nie stukke ingedien nie. Die saak kom vandag voor regter Orben Sibeya voor.