Meer as 7 000 studente bygestaan om kwalifikasies te bekomAugust 7, 2025

Sedert die Namibiese studente hulpfonds geld van die Tesourie ontvang het, was hy in staat om tot dusver 7 020 studente by te staan om hulle kwalifikasies te ontvang en werk te soek. Die totale uitstaande bedrag wat voorsien is beloop 118 miljoen Namibiese dollar. Die fonds sê die bystand word aan die betrokke gegradueerde as lenings voorsien en dit geld vir studente wat voor of op April 2024 hulle studies voltooi het. Nuwe aansoekers kan inligting op Nsfaf se webtuiste kry.