Nandi-Ndaitwah stuur medelye na Ghana-vlugrampAugust 7, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het ‘n boodskap van medelye namens alle Namibiërs aan Ghanese president John Dramani Mahama gestuur na ‘n helikopter-ongeluk waarin agt mense, insluitend twee ministers dood is. Die militêre helikopter het Woensdag in die suidelike Ashanti-streek neergestort. Verdedigingminister Edward Omane Boamah en die minister van die omgewing, wetenskap en tegnologie, Ibrahim Murtala Mohammed, het omgekom asook drie senior amptenare en drie bemanningslede van die Ghanese weermag.