Veldbrande woed in noorde, een onder beheerAugust 7, 2025
Dit is nou beslis veldbrand-seisoen, met vure wat weer by Etosha, die regeringsplase daar naby en in die Otjikondo-omgewing sowat 7 kilometer noord-wes van Outjo aangemeld is. Die Otjikondo-brand het volgens aanduidings op of naby die plaas Holstein ontstaan en in die rigting van Elandsput beweeg. Dit is egter vinnig heeltemal onder beheer gebring. Inligting oor die Etosha-brande is skraps, maar dit is al gister aangemeld en vertoon groot. Dit wil voorkom of die vure weer suidwes van Okaukuejo brand, naby of in dieselfde omgewing waar dit vroeër die week gebrand het.