Atlanta-skieter blameer Covid-entstof vir depressieAugust 10, 2025
‘n Man van Georgia wat Vrydagmiddag op die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer en –Voorkoming se kampus in Atlanta losgebrand en ‘n polisieman doodgeskiet het, het glo die Covid-entstof vir sy depressie en selfdoodneigings blameer. Die man het oor minstens vyf vuurwapens beskik en het op verskeie geboue op die kampus, insluitende ‘n apteek, geskiet. Dit is nie bekend of hy deur die polisie doodgeskiet is of sy eie lewe geneem het nie.