Namibië wil lid word van kernwaghondAugust 10, 2025

Die kabinet het goedkeuring verleen dat Namibië aansoek doen om by die internasionale Nuclear Suppliers Group aan te sluit, ‘n groep van 48 lande wat hulle beywer vir kernhandel vir vreedsame doeleindes en nie die verspreiding van kernwapens nie. ‘n Interministeriële komitee onder die vaandel van buitelandse sake en handel sal begin om die groep se riglyne in Namibië te implementeer. ‘n Ministeriële afvaardiging sal in September in Oostenryk met die groep en die Internasionale Agentskap vir Atoomenergie hieroor vergader.