Staccatos kuier by Veterane-sangaandAugust 10, 2025
Die bekende Suid-Afrikaanse sangroep, die Staccatos, is op 20 September in Windhoek vir die Veterane-sangaand van die Vereniging van Uitsaaiveterane. Dit beloof ‘n aand vol nostalgie en herinneringe te wees, het een van die sangers, Steve Ashley, aan Kosmos 94.1 gesê. Kaartjies vir die geleentheid kos 200 Namibiese dollar per persoon.