Aupindi onbeïndruk met KalimbezaAugust 11, 2025
Die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne is teleurgesteld oor die toestand van die Kalimbeza-rysprojek in die Zambezi-streek. Die aanleg sukkel reeds ‘n geruime tyd en produksie is wisselvallig of bestaan glad nie. Uitdagings sluit in gebreekte masjinerie wat te lank neem om herstel te word, of soms glad nie herstel word nie weens ‘n gebrek aan fondse. Nog ‘n uitdaging is die vandalisme van die plaasheining, wat gemeenskapslede na bewering afgesny het. Watertoevoer is ook swak. Die komitee-voorsitter Tobie Aupindi sê dis ‘n ramp vir voedselsekerheid en eenvoudige dinge soos ‘n kleinkas om herstelwerk te bewerkstellig is een van die oplossings. Die komitee sal nou ‘n verslag voorberei.