Eerste nasionale konvensie van Nasionale Dialoog begin VrydagAugust 11, 2025
Die eerste nasionale konvensie van die Nasionale Dialoog vind Vrydag en Saterdag by die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria plaas. Een-duisend afgevaardigdes vanaf meer as 30 sektore sal die geleentheid bywoon om landwye gemeenskaps- en sektorbesprekings af te skop. ‘n Stuurkomitee sal gevorm word om die proses te lei. Lid van die organiseringskomitee van die nasionale konvensie, Boichoko Ditlhake, sê die dialoog sal fokus op diversiteit, gemarginaliseerde stemme en om praktiese oplossings vir die land se uitdagings te vind.