Ekonoom sê BoN hou repokoers onveranderdAugust 11, 2025
Die sentrale bank sal Woensdag die repokoers aankondig. Op die oomblik is die koers op 6,75 met Suid-Afrika wat sy koers afgebring het na 7 persent. FNB se ekonoom Cheryl Emvula meen die bank sal die koers onveranderd hou, nes hy by sy vorige aankondiging in Junie gemaak het. Emvula glo ook dat die koers onveranderd sal bly vir die res van die jaar met die bank wat die 25 basispunt gaping met Suid-Afrika wil toemaak. Ander ekonome het voorheen aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar kan moontlik nog ‘n verlaging in die repokoers vanjaar kom.