‘Energy’ dra nou WBO Global super-bantamgewig kroonAugust 11, 2025

Namibië se Fillipus “Energy” Nghitumbwa is die nuwe WBO Global super-bantamgewig kampioen, na hy Suid-Afrika se Mxolisi Zuma in die sesde rondte van hulle geveg by die Windhoek Buiteklub uitgeslaan het. Dit was Zuma se eerste professionele verlies na hy 10 gevegte met uitklophoue gewen het. Die oorwinning het Nghitumbwa se professionele rekord verbeter tot 17 oorwinnings,15 daarvan met uitklophoue, en twee verliese op punte. Nghitumbwa was voor die geveg agtste op die WBO se ranglys en vyftiende op die WBC-ranglys, en sy kamp is positief dat hy in aanmerking kan kom vir ‘n geveg om die wêreldtitel.