Groep gevangenes ontsnap weer uit Ngoma polisieselleAugust 11, 2025

‘n Groep gevangenes het vir die tweede keer in vier maande uit die Ngoma polisieselle in die Zambezi-streek ontsnap. Volgens die polisieverslag het die sewe mans teen omstreeks 10-uur Sondagaand ontsnap na hulle ‘n gat in die selle se dak gesny het. Die groep bestaan uit ‘n Namibiër, ‘n Angolees en vyf Zambiërs. Vyf verhoorafwagtende gevangenes het uit dieselfde polisieselle ontsnap op Sondag, 31 Maart vanjaar.