Gru-gevalle van geslagsgeweld aangemeld August 11, 2025
‘n Vrou van Rehoboth is dood en ‘n vrou van Aranos in ‘n kritieke toestand in die hospitaal in Windhoek ná hulle die naweek in afsonderlike voorvalle met messe in die keel gesteek is. Vroeg Sondagoggend is ‘n 50-jarige vrou op Rehoboth by ‘n mansvriend se huis dood ná haar eks-kêrel, ‘n veiligheidswag, drie meswonde aan haar keel toegedien het. Die verdagte het homself daarna by sy eie huis gehang. Op Aranos is ‘n 26-jarige vrou Vrydagaand na bewering deur haar kêrel met ‘n mes in die keel, gesig en op haar lyf gesteek. Sy was op pad huis toe. Die verdagte is op ‘n klag van poging tot moord in hegtenis geneem.