Hitte dood 490 000, vroeë waarskuwings nodigAugust 11, 2025

Die Wêreld Meteorologiese Organisasie sê hy werk daaraan om vroeë hittewaarskuwingstelsels te bevorder onder die Early Warnings for All-projek. Die projek wil universele beskerming bied teen gevaarlike hidro-meteorologiese, klimaat- en verwante omgewingsprobleme deur lewensreddende vroeë waarskuwingstelsels. Uiterste temperature het tussen 2000 en 2019 jaarliks sowat 489 000 hitteverwante sterftes veroorsaak. Hiervan was 36-persent in Europa en 45-persent in Asië. Die organisasie sê die projek sal lande ook help om hittegesondheid-aksieplanne te ontwikkel en seker te maak kwesbare bevolkings word betyds gewaarsku.