Kolisi op nr. 8 voer Bokke teen Wallabies aanAugust 11, 2025
Rugby: Springbokkaptein Siya Kolisi sal die nommer agt-trui dra in Saterdag se Rugbykampioenskaps-openingswedstryd teen die Wallabies op Ellispark in Johannesburg. Dit is die eerste keer wat hy die span sal aanvoer van die agterkant van die skrum. Aphelele Fassi begin op heelagter, André Esterhuizen is binnesenter en Manie Libbok losskakel. Eben Etzebeth en Lood de Jager is die slotpaar. Die Bokafrigter, Rassie Erasmus, verwag ‘n uitdagende wedstryd nadat Australië onlangs die Britse en Ierse Leeus geklop het.