Kosmos se Mauriza klim Kilimanjaro August 11, 2025

Kosmos 94.1 se eie Mauriza Fredericks het Kilimanjaro op Saterdag, 9 Augustus geklim. Die Trek4Education25-span het 21 lede gehad, insluitend Saray Khumalo, die leier en eerste Afrika-vrou wat Mount Everest geklim het. Daar was 20 dames en een man wat sy vrou vergesel het en die span het die Lemosho-roete van agt dae gevolg. Fredericks sê hulle span wou bewustheid skep oor die dringendheid van opvoeding in Afrika om die siklus van armoede te breek. 

En die taaiste? Die laaste skof…