N$2 miljard koshuis voedseltender weer lamgelêAugust 11, 2025

Te midde van reuse-uitdagings met noodverkryging, is die 2 miljard Namibiese dollar koshuis voedseltender uiteindelik toegeken net om uitgedaag te word deur sewe onsuksesvolle bieërs. Die Tender Bulletin berig die hersieningspaneel van die finansministerie het ses van die betoë van die hand gewys maar, nou is noodverkryging, sonder enige openbare insae weer van krag. Die finansministerie het onderwys toestemming tot einde September vanjaar gegee om noodverkryging toe te pas.