Pous vra vir einde aan geweld in HaïtiAugust 11, 2025

Pous Leo vra gelowiges om vir vrede te bid en ‘n beroep gedoen vir die einde aan die toenemend desperate  situasie in Haïti. Haïti se regering het Saterdag aangekondig dat ‘n drie maande lange noodtoestand in die land se sentrale streek geïmplementeer word namate bendegeweld toeneem. Die Verenigde Nasies se menseregtekantoor sê dat van Oktober 2024 tot einde Junie 2025 meer as 1 000 mense dood is, meer as 200 beseer en 620 ontvoer is in die gebied. Bendegeweld het ook meer as 239 000 mense in Haïti se sentrale streek ontheem, volgens die VN.