Uiters ervare Bok-vrouespan op pad na EngelandAugust 11, 2025
Die mees ervare Springbok-vrouespeler, Nolusindiso Booi, sal ʼn sterk groep van 32 lei by die Vroue-wêreldrugbybeker in Engeland. Die span spog met spelers wat altesaam 689 keer vir die Bokke uitgedraf het. Negentien het Wêreldbeker-ervaring, onder andere onderkaptein Babalwa Latsha, wat die span in 14 toetse aangevoer het. Suid-Afrika skop hul veldtog die 24ste in Northampton af teen die toernooi se nuwelinge, Brasilië, voor hul ander Groep D-wedstryde teen Italië en Frankryk. Die groep kom môre in Johannesburg bymekaar.