Amerika trek voordeel uit SA landbou-uitvoere, sê SteenhuisenAugust 12, 2025

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, beklemtoon dat Suid-Afrikaanse handel met Amerika wedersyds-voordelig is en sê Amerika word bevoordeel deur Suid-Afrika se landbou-uitvoere. Steenhuisen het die media ingelig oor Suid-Afrika se reaksie op Amerikaanse tariewe en sê maatreëls sal ingestel word om die uitwerking te versag. Die minister sê baie van die produkte word in ander seisoene geproduseer en hou geen bedreiging vir Amerikaanse produksie in nie: