Binnegevegte vat weer vlam by Stad WindhoekAugust 12, 2025

Die herrie is weer los by Stad Windhoek, bekend vir sy binnegevegte sedert ‘n koalisie beheer oor die stad geneem het. Die burgemeester Ndeshihafela Larandja maak aantygings teen die vorige burgemeester, hulle roteer jaarliks, Sade Gawanas dat sy misbruik gemaak het van die stad se fondse. Sy het blykbaar haar amptelike kredietkaart gebruik vir etes by Elisenheim, ook met haar kêrel, wat blykbaar ook saam is op oorsese reise. Daar word ook beweer sy het haar ma werk toe geneem om in haar kantoor na haar baba om te sien. Kosmos 94.1 Nuus is in besit van WhatsApp boodskappe waar Gawanas die aantygings teenoor Larandja ontken in taal wat net bevraagteken kan word.