Damme vertoon goed, minder water die week benutAugust 12, 2025

Waterbronne vir die sentrale gebied is tans op 76,4 persent met Von Bachdam wat 92,2 persent vol is, Swakoppoort op 88,9 persent en Omatako op 40,7 persent. In die Suide Hardap 68,3 persent en boere het net minder as 1,4 miljoen kubiek die week benut. Neckartal is 97,9 persent vol en Naute is op 93,7 persent. Die Ooste se bronne staan op 29,9 persent met Otjivero wat 48,7 persent water het. Die Tilda en Daan Viljoendamme is onderskeidelik 24,9 en 31,8 persent vol.