Dricus sê hy’s die naweek die buiteperdAugust 12, 2025
Die Suid-Afrikaner Dricus du Plessis glo hy is die buiteperd wanneer hy sy middelgewig- wêreldkampioenskapstitel die derde keer verdedig. Hy veg die naweek in Chicago, Illinois, teen Khamzat Chimaev. Du Plessis het ‘n beroepsrekord van 23 oorwinnings en twee nederlae en het die afgelope 11 gevegte gewen, maar glo die Rus is die sterkste teenstander nog. Chimaev is onoorwonne na 14 beroepsgevegte. Du Plessis sê wat wel in sy guns tel, is sy unieke styl wat baie moeilik is om na te boots.