Drie ministeries, 10 ander ‘oortree Regstellende Aksie-wet’August 12, 2025
Die Indiensnemings-ekwiteitskommissie het 13 werkgewers, waaronder drie ministeries, ontbied om voor ‘n beoordelingspaneelte verskyn weens oortredings van die Regstellende Aksie-wet. Die verhore sal môre en Donderdag gehou word en is oop vir die publiek. Die kommissie sê in ‘n verklaring die werkgewers het, soos wetlik vereis, hul regstellende aksie-jaarverslae ingedien. Daar is gevind dat hulle nie sekere wetlike bepalings nagekom het nie en die paneel sal beslis of daar daadwerklike pogings aangewend word om billike en regverdige indiensneming toe te pas. Die paneel sal na die verhore bindende finale beslissings maak, waarteen nie geappelleer kan word nie. Die ministeries betrokke is die hoër onderwys-ministerie, die landbouministerie en die handelministerie.