Groeivoorspellings vir ’25 afwaarts aangepasAugust 12, 2025
Cirrus in die hoofstad het sy groeivoorspellings vir 2025 van 3,9 tot 3 persent afwaarts aangepas. Dit kom na daar aan die einde van 2024 belastingvoordele en repokoers verlagings was maar met geen verdere ondersteuning in die jaar nie, het die voordele verdwyn. Die uitdagings van die diamantbedryf sal veral die fiskus negatief raak en met die goeie reën word veeverkope geraak en akkerbou het ander uitdagings gehad. SACU-inkomste is ook laer. Die sentrale bank het sy voorspelling ook afwaarts aangepas van 3,7 na 3,5 persent, vir dieselfde redes. NDP6 benodig ‘n groeikoers van 7 persent jaarliks, om sy doelwitte te bereik.