Halali in Etosha brand August 12, 2025
Dit brand by Halali in Etosha. Inligting is nog skraps maar die brand het blykbaar tussen die restaurant en die watergat uitgebreek en daar is aantygings dat personeel daarvoor verantwoordelik is. Teen agtuur Maandagaand het dit buite beheer gewoed. Daar is geen brandpaaie geskep nie en die wind het teen bestrydingspogings gewerk. Kosmos 94.1 Nuus sal met die relevante owerhede kontak maak vir die jongste.