Linden Beef voorlopig gelikwideer August 12, 2025
Bank Windhoek het daarin geslaag om Linden Beef voorlopig te likwideer met regter Andrew Corbett wat die reël nisi op 29 Augustus gestel het vir die voerkraal om redes te voorsien hoekom die maatskappy nie gelikwideer moet word nie. Die bank word 28,5 miljoen Namibiese dollar geskuld. Corbett het ook ‘n kostebevel vir daardie dag uitgereik wat die koste van die bank se regsverteenwoordiger en twee advokate, insluit. Linden Beef se eienaar David van der Linden is tans agter tralies in Okahandja op dwelmklagtes. Agra het ook verlede week ‘n eis van 7 miljoen dollar teen die voerkraal ingedien.