Nasorg by Halali-brandAugust 12, 2025

Die brand wat Maandagmiddag by Halali ontstaan het is onder beheer gebring. Dit het nog laataand gewoed. Daar is aantygings dat personeel verantwoordelik is omdat die brand blykbaar tussen die restaurant en die watergat uitgebreek. Een van die grootste uitdagings was dat daar is geen brandpaaie geskep is nie en die wind het teen bestrydingspogings gewerk. Spanne is tans op die toneel besig met nasorg.