Rusland soek geen skietstilstand nie – kennerAugust 12, 2025

Amerikaanse president Donald Trump het by ‘n Withuis nuuskonferensie sy gesprekke Vrydag met Russiese president Vladimir Putin in Alaska beskryf as om die waters te toets. Hy sê hy glo dat Putin wil hê die oorlog in Oekraïne moet klaarkry, en dat hy vir Putin sal sê om die gevegte te beëindig. Trump sê ook hy sal nie ‘n ooreenkoms tussen Rusland en Oekraïne daarstel nie, want dit hang nie van hom af nie. Die militêre analis Michael Clarke het aan SkyNews sy siening van die ontmoeting gegee.

Clarke sê die feit dat Oekraïne nie by die gesprekke sal wees nie is ‘n groot probleem.