Tesourie betaal amper N$61m aan Enercon na siviele eisAugust 12, 2025
Die verdedigingministerie het bevestig dat die Tesourie magtiging ontvang het om ‘n siviele eis van 60,9 miljoen Namibiese dollar van Enercon te betaal. Die eis was vir “diensburo-koste” ingevolge ‘n brandstofvoorsieningsooreenkoms met die ministerie, volgens die NBC. NDF-woordvoerder kolonel Petrus Shilumbu sê die bedrag dek koste van 2014 tot 2024 wat sedert die ontstaan van die kontrak nie geëis is nie. Onderhandelinge tussen die ministerie en Enercon het gelei tot ‘n ooreenkoms om die uitstaande bedrag te vereffen, na ‘n regsmening van die prokureur-generaal. Enercon se direkteure, Peter en Malakia Elindi, doen tans in die Windhoek-laerhof aansoek om borgtog as deel van die Namcor-bedrogbeskuldigdes.