Witvlei-olifante beskadig plase, en dis Wêreld OlifantdagAugust 12, 2025
So op Wêreld Olifantdag, sukkel boere naby Witvlei nadat olifante van die Okambara Elephant Lodge in die gebied uitgebreek het en rondgeloop het. Skade is aan hekke en heinings aangerig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abre Burger, ‘n grondeienaar op Pommerin, wat sê een olifant het reeds van sy heinings gebreek, en dis die tweede keer vanjaar wat dit gebeur.
Kommersiële boere mag geen stappe teen olifante neem nie en word nie vergoed vir skade nie, nie soos kommunale boere nie.