Albanese sê Bibi is in ontkenning oor GazaAugust 13, 2025
Australië se eerste minister, Anthony Albanese, het sy Israelse ampsgenoot, Benjamin Netanyahu, daarvan beskuldig dat hy in ontkenning is oor die gevolge van die oorlog in Gaza. Hy sê frustrasie met die Israelse regering het ‘n rol gespeel in die besluit om volgende maand ‘n Palestynse staat te erken op die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering. Israel is onder toenemende druk om die oorlog te beëindig, maar sê die erkenning van ‘n Palestynse staat beloon terrorisme. Netanyahu het Australië en ander bondgenote se besluit as skandelik beskryf.