DBN en Xwama skik in hof oor N$7m-eisAugust 13, 2025

Hoërhofregter Beatrix de Jager sal na verwagting vandag die skikkingsooreenkoms tussen die Ontwikkelingsbank van Namibië en Xwama Cultural Village van die bekende sakevrou Twapewa Kadhikwa bekragtig. Die bank het die onderneming gedagvaar vir skuld van net meer as 7 miljoen Namibiese dollar en daar is geskik op 4,1 miljoen dollar wat in twee betalings gemaak moet word met 48 maande as die maksimum afbetalingsperiode. Oor 12 maande moet 2 miljoen dollar reeds betaalbaar wees. Rente word op prima gehef vanaf Desember vanjaar.